Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Hulde is vanoggend (22 Januarie) aan wyle Marius Swart gebring toe verskeie mense aan 'n verbyrit-gedenkdiens in die stadskern deelgeneem het.
Die geleentheid het onder die vaandel van die DA plaasgevind. Swart, 'n voormalige burgemeester van George, was 'n senior lid van die party en het 'n groot rol in die uitbou van George gespeel.
Die 79-jarige Swart is Sondag in die hospitaal aan Covid-19 oorlede.
Vanoggend se geleentheid is bygewoon deur twee van Swart se kinders, Marius (jr.) en Liezel Momberg. Leon van Wyk, George-burgemeester en Tertuis Simmers, voorsitter van die DA, se oosstreek, was ook teenwoordig.
Voertuie het in ’n konvooi kort na 11:00 verby die DA-kantore in Meadestraat gery. Van die mense het stadiger gery en blomme aan die organiseerders oorhandig wat dit by 'n foto van Swart en 'n kers geplaas het.
Swart word oorleef deur sy vrou Sanett, drie kinders, Marius (jr.), Helena Swart en Liezel Momberg en drie kleinkinders. 'n Virtuele viering vind môre, Saterdag 23 Januarie, om 15:00 plaas.
Kyk 'n video hieronder:
Vorige artikels:
- Wyle Marius Swart se lewe die naweek gevier
- Marius Swart oorlede
- Marius Swart se toestand onveranderd
- Eks ANC-Burgemeester sterf, eks DA-Burg kritiek
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'