On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

National

Christoff Becker nader vandag weer die hof

───   14:29 Tue, 14 Oct 2014

Christoff Becker nader vandag weer die hof | News Article

Pretoria - Een van die sogenaamde Waterkloof-vier, Christoff Becker, nader vandag die Noord-Gautengse hooggeregshof vir die derde keer nadat sy parool in Februarie teruggetrek is.

Volgens die SAUK doen Becker aansoek om onvoorwaardelik vrygelaat te word.
 
Hy is weer in hegtenis geneem nadat 'n selfoonvideo-opname aan die lig gekom het waarin hy en medegevangenes alkohol gebruik en partytjie hou in die selle van die Kgosi Mampuru-gevangenis.
 
Die hof het vroeër bevind dat Becker se aansoek nie dringend is nie en het die departement van korrektiewe dienste veertien dae tyd gegee om 'n nuwe paroolraad aan te wys om Becker se paroolaansoek te oorweeg.
 
Becker word tans in die maksimum-gevangenis op Kokstad aangehou.
 
SAUK 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.